Pniël Museum and Heritage Site

ADAM SMALLFEES 2019

Posted by on Feb 17, 2019 in Events |

PNIËL MUSEUM: Derde Adam Smallfees: 2019

 

Vrydag 22 tot Sondag 24 Februarie

Die fees skop hierdie jaar af met ‘n  Skoleprogram op Vrydag 22 Februarie geborg deur Afrikaans.com. Die span van Afrikaans.com gaan as deel van hul muurprojek 2 mure in die vallei verf: by Kylemore Senior Sekondêre Skool en by Petite Pre-primêre skool in Pniël.  Afrikaans.com bied dan ook as deel van hul Skoleprogram  ‘n huldeblyk aan Adam Small met Klein Nederburg Sekondêr & Hemelbesem as gaskunstenaar. Sien die program (skakel hier onder) vir tye van onthulling en huldeblyk.

Die program belowe ‘n lys van ons land se top skrywers met interessante onderwerpe en sessies; Lynthia Julies, Michael le Cordeur en Tracy Going, om maar net ‘n paar te noem. Vrydagaand  om 19.00 voer Peter Braaf  en sy groepie ‘n opvoering van Adam Small se werke op: “Kanna hy kô hystoe” en “What abou’ de lô” . Kaartjies beskikbaar by Pniël museum and Matthew Cyster – sien kontakbesonderhede onder.

Saterdag beloof weer ‘n opwindende program met ‘n Gedenklesing deur Prof Thuli Madonsela, vorige Openbare Beskermer. Die gedenklesing word in samewerking met SBA (Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans) aangebied.

Saterdagmiddag bied weer ‘n paar interessante onderwerpe en eindig af met musiek deur Wilmien Wicomb en Koba Solms.

Die fees word op die Sondag afgesluit met ‘n Erediens in die Pniël Kong Kerk om 09.30 met Prof Reggie Nel as feesprediker.

Direk na die kerk is daar nog ‘n paar interessante gesprekke, o.a. joernalis, Julian Jansen en Dr Marlene le Roux, Hoof Uitvoerende Beampte van Artscape.

Vir meer besonderhede skakel vir Samantha of Remola by  021 8852645 tussen 10h00 en 14h00 (Dinsdag tot Vrydag) of Matthew Cyster by 0833247691. Pniël Museum e-pos: pnielmuseum@gmail.com

 

Adam Small festival program 2019 final