Pniël Museum and Heritage Site

Herdenking van vrylating van slawe, 1 Desember te Pniёl.

Posted by on Nov 21, 2018 in Events |

PNIEL MUSEUM IN SAMEWERKING MET STELLENBOSCH MUSEUM

Nooi u hartlik uit na ʼn gesprek oor:

“ Die rol en lot van slawe in Suid-Afrika – met spesiale vermelding na Pniël en omgewing”…

GESPREKLEIER: Michael Janse van Rensburg met:

 Dr Hans Heese, ‘n boorling van die Klein Karoo wat op Stellenbosch studeer het voordat hy in Malawi en Namibië onderwys gegee het.

 Dr Francois Verster, ‘n oud-onderwyser wat daarna by die Staatsargief in Kaapstad gewerk het en sedert 2007 Media24 se historikus en argiefbestuurder is.

 Mev Eleanor Damonse, ‘n boorling van Pniël en oud onderwyser wat haar beroep oorsee beoefen het, maar die laaste aantal jare verbonde aan UWK en SU was. Haar studies vir die Doktorsgraad sluit temas in soos slawehandel, identiteit en genealogie.

 Eerw. Dr Jerome Slamat is Uitvoerende Bestuurder: Rektoraat by die Universiteit Stellenbosch (US).

Kom neem asb. deel aan die gesprek

1 Des 2018 10h00, Pniël Congregational Kerksaal

Sluit asb. na die gesprek by ons aan vir ‘n ligte middagete
Volledige program volg. Almal is welkom, vir meer inligting kontak kantoor:
021 885 2645
Matty Cyster: 0833247691: cystermj@telkomsa.net
Debbie Gabriels: 0827997330: manager@stelmus.co.za